top of page

Kurrikulum

IMG_7322.jpeg

Ons kurrikulum is ontwerp om elke kind se volle potensiaal te ontgin deur 'n gebalanseerde benadering wat akademiese en kreatiewe ontwikkeling integreer. Ons gebruik die AO netwerk program om elke lyfie op te voed tot op standaard. Ons fokus op:

IMG_9421.jpeg

Akademiese Ontwikkeling: 

Dit sluit speelse ontdekking, vroeë wiskundige begrippe en eenvoudige wetenskaplike verkenning in. Ons gebruik ouderdomsgepaste maniere om ’n liefde vir leer aan te moedig.

Kreatiewe Aktiwiteite: 

Kinders word aangemoedig om hul verbeelding en kreatiwiteit te verken deur middel van kuns, musiek, en dramaproduksies.

Fisikale Ontwikkeling:

Ons bied 'n verskeidenheid van fisiese aktiwiteite aan, insluitend buitemuurse sport en spel, om kinders se motoriese vaardighede en gesondheid te bevorder.

Sosiale en Emosionele Ontwikkeling:

Deur groepsaktiwiteite en samewerking leer kinders om sosiale vaardighede te ontwikkel, empatie te toon, en emosionele intelligensie te bou.

Christelike Waardes:

Ons inkorporeer Christelike beginsels in ons onderrig om 'n etiese en morele grondslag te bied en om 'n omgewing van liefde en omgee te bevorder.

Individuele Benadering:

Elke kind se unieke behoeftes en eienskappe word erken, en ons bied ondersteuning om te verseker dat alle kinders in enige omgewing kan floreer.

© 2035 by Lemon Squeezy. Powered and secured by Wix

bottom of page